Clupeidae
Clupeidae | |
---|---|
Die Atlantiese haring, Clupea harengus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Clupeidae
|
Subfamilies | |
Dussumieriinae |
Die Harings en Sardyne (Clupeidae) is 'n vis-familie tot die orde Clupeiformes behoort. Daar is 56 genera met minstens 190 spesies wat tot hierdie familie behoort. Dertien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die familie is van gemiddelde grootte (6 – 28 cm) en almal is silwerkleurig. Die liggaam is redelik plat en dit lyk asof elke vis 'n kiel onder by die pens het. Die visse het nie 'n sylyn nie. Die meeste visse van die familie kom in skole voor naby die oppervlakte, een van die redes vir die familie se kommersiële waarde. Die vis word geblik en gesout vir menslike verbruik en word ook as dierevoedsel gebruik.
Genera
[wysig | wysig bron]Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Etrumeus
- Etrumeus teres - Ooskus-rondeharing
- Etrumeus whiteheadi - Rooioog-rondeharing
- Gilchristella
- Gilchristella aestuaria - Rivierrondeharing
- Sardinops
- Sardinops sagax - Sardyn
Die volgende genus kom nie aan die Suid-Afrikaanse kus voor nie:
- Sprattus
- Sprattus sprattus - Sprot
Varswater genus
[wysig | wysig bron]- Limnothrissa miodon - Kapenta
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
- Haring
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7