Rugkoorddiere
Rugkoorddiere | |
---|---|
Pikaia gracilens | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Superkoninkryk: | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Superfilum: | |
Filum: | Chordata Bateson, 1885
|
Subfilums | |
Die Rugkoorddiere of Chordata is 'n filum in die koninkryk Animalia (diere) wat gewerweldes, maar ook ’n groep naverwante ongewerweldes, insluit. Die gemeenskaplike eienskap van al hierdie diere is dat hulle óf tydelik óf blywend in besit is van 'n chorda dorsalis (rugkoord), dorsale senukoord, kieusplete, endostiele en 'n stert wat verby die anus strek.
Kladogram
[wysig | wysig bron]Die Chordata is 'n deel van die Deuterostomia
Deuterostomia |
| ||||||||||||
Subfilums
[wysig | wysig bron]Die filum Chordata word onderverdeel in drie subfilums:
- Cephalochordata – Die dier het ’n rug- en senukoord, maar geen werwels nie.
- Tunicata – Die larwe het ’n rug- en senukoord, maar dit verdwyn meestal teen volwassenheid.
- Vertebrata – Buiten by die slymprik is die dorsale senukoord omring deur kraakbeenagtige of beenagtige werwels. Die rugkoord is gewoonlik verklein of afwesig in die volwassene.
Die Rugkoorddiere en twee susterfilums, die Hemichordata en Echinodermata, vorm die superfilum Deuterostomia.
Daar word bespiegel dat die filum ontstaan het as gevolg van pedomorfisme wat in ’n primitiewe dier soos ’n spons of koraal plaasgevind het. Die bestaande groepe Chordata is verwant soos in die filogenetiese boom hieronder aangetoon word.
- Filum Chordata
- Subfilum Cephalochordata (lansetvissies)
- Klas Leptocardii (lansetvissies)
- Klade Olfactores
- Subfilum Tunicata (Urochordata) – (manteldiere; 3 000 spesies)
- Klas Ascidiacea
- Klas Thaliacea
- Klas Appendicularia
- Klas Sorberacea
- Subfilum Craniata (diere met skedels)
- Subfilum Myxini (slymprikke)
- Subfilum Vertebrata (diere met rugwerwels)
- Klas Cephalaspidomorphi (lampreie)
- Klas Conodonta †
- Gnathostomata (gewerweldes met kake)
- Klas Chondrichthyes (kraakbeenvis)
- Teleostomi (vis met gebeendere, ~ Osteichthyes)
- Klas Acanthodii
- Klas Actinopterygii (straalvinvisse)
- Klas Sarcopterygii (vleisvinvisse)
- Superklas Tetrapoda (vierpotige gewerweldes)
- Klas Amphibia (amfibieë)
- Amniota (vierpotige gewerweldes met amniotiese eiers)
- Klas Synapsida (soogdieragtige tetrapode)
- Klas Mammalia (soogdiere)
- Klas Sauropsida (die hedendaagse reptiele en voëls)
- Subklas Anapsida
- Orde Testudines (skilpaaie)
- Subklas Diapsida
- Orde Lepidosauria (akkedisse, slange en die tuatara, 'n likkewaanagtige dier van Nieu-Seeland)
- Archosauria
- Orde Crocodilia (krokodille, alligators, kaaimanne, en gawiale)
- Superorde Dinosauria
- Subklas Anapsida
- Klas Synapsida (soogdieragtige tetrapode)
- Superklas Tetrapoda (vierpotige gewerweldes)
- Subfilum Tunicata (Urochordata) – (manteldiere; 3 000 spesies)
- Subfilum Cephalochordata (lansetvissies)
Notas
[wysig | wysig bron]Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |