Capparis tomentosa
Afrikakappertjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Brassicales |
Familie: | Capparaceae |
Genus: | Capparis |
Spesie: | C. tomentosa
|
Binomiale naam | |
Capparis tomentosa Lam., (1785)
| |
Sinonieme | |
|
Capparis tomentosa, die wollerige kapperbos[1] of Afrikakappertjie, is 'n struik of klein boompie in die Capparaceae-familie en inheems aan Afrika en die Arabiese Skiereiland.
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Die plant word in bosveld en woude aangetref, vanaf die Oos-Kaap van Suid-Afrika, deur KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopoprovinsie noordwaarts tot in tropiese Afrika. Die boom is inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Jemen, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Saoedi-Arabië, Senegal, Soedan, Somalië, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe. Hierdie spesie word ook op die Maskareense Eilande aangetref.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Groeivorm
[wysig | wysig bron]Meestal 'n robuuste houtagtige klimmer;[2] wat in rivierplantegroei tot bo-op die blaredak kan groei.Dit kan ook 'n sukkelende struik of klein boompie wees.
Stam
[wysig | wysig bron]Die stam het skerp, gepaarde, gehakte stekels.[2] Jong stingels en stekels is bedek met digte fluweelagtige geel hare.
Blare
[wysig | wysig bron]Die blare vorm tussen die stekels en is afwisselend, langwerpig tot breed ellipties,[2] grys-olyfgroen, bedek met fluweelhare (ondergerol). Die blaarsteel is 4–12 mm lank[3] en fluweelsag.[1]
Blomme
[wysig | wysig bron]Die blomme vorm in trosse; terminaal op die primêre takke of op kort blaaragtige sytakke of soms verspreid in die boonste blaaroksels. Hulle is groot (35 mm) en geurig, met 'n massa pienk-wit meeldrade wat elk 20–35 is mm in lengte en kan 'n bloedrooi kleur aan die basis wees. Die kelkblare is bootvormig en 8–10 mm lank. Die blomblare is witterig; 15–25 mm lank en 7–10 mm breed.[3]
Vrugte
[wysig | wysig bron]Die vrugte hang van 'n lang (25–50 mm) stingelagtige tak wat 'n ginofoor genoem word.[1][2] Hulle is tot 40 mm in deursnee; aanvanklik blinkgroen, ryp tot pienk of oranje. Die vrugte bevat baie sade wat in 'n pienkerige vleis ingebed is.[3] Uitgedroogde, leeggemaakte vrugte kan vir 'n geruime tyd aan die plant hang.
Menslike gebruik
[wysig | wysig bron]Hierdie spesie het tradisionele medisinale en magiese gebruike in Afrika. Dit word onder meer gebruik as 'n middel vir diarree, swelling en waterretensie.[4] Dit is 'n sierplant in tuine en kan vir verskansing gebruik word; wat dit geskik maak as 'n veiligheidsversperring vanweë die gehakte stekels. Die vrugte word soms deur mense geëet.
Ekologiese nut
[wysig | wysig bron]Verskeie soorte skoenlappers gebruik hierdie plant as 'n larwe-voedselplant, insluitend; Belenois gidica, Dixeia pigea, Eronia leda en Colotis evenina.[5] Wildsbokke vreet die blare en apies en bosvarke vreet die vrugte.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 Pooley, E. (1993). The Complete Field Guide to Trees of Natal, Zululand and Transkei. ISBN 0-620-17697-0.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 Hyde, M.A. & Wursten, B. (2010). Flora of Zimbabwe: Species information: Capparis tomentosa. http://www.zimbabweflora.co.zw/speciesdata/species.php?species_id=124460, verkry 6 Augustus 2010
- ↑ 3,0 3,1 3,2 JSTOR Plant Science: Capparis tomentosa Lam.http://plants.jstor.org/taxon/Capparis.tomentosa, verkry 6 Augustus 2010.
- ↑ Duke, James A. (2002). Handbook of medicinal herbs. Duke, James A., 1929- (2nd uitg.). Boca Raton, FL: CRC Press. ISBN 0849312841. OCLC 48876592.
- ↑ Williams, M. (1994). Butterflies of Southern Africa; A Field Guide. ISBN 1-86812-516-5.
- IUBN Rooilys veilige spesies
- Capparis
- Flora van Angola
- Flora van Benin
- Flora van Botswana
- Flora van Burkina Faso
- Flora van Burundi
- Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo
- Flora van Eritrea
- Flora van Eswatini
- Flora van Ethiopië
- Flora van Gaboen
- Flora van Gambië
- Flora van Ghana
- Flora van Guinee
- Flora van Ivoorkus
- Flora van Jemen
- Flora van Kameroen
- Flora van Kenia
- Flora van Malawi
- Flora van Mali
- Flora van Mauritanië
- Flora van Mauritius
- Flora van Mosambiek
- Flora van Namibië
- Flora van Niger
- Flora van Nigerië
- Flora van Rwanda
- Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek
- Flora van Saoedi-Arabië
- Flora van Senegal
- Flora van Soedan
- Flora van Somalië
- Flora van Suid-Afrika
- Flora van Tanzanië
- Flora van Tsjad
- Flora van Uganda
- Flora van Zambië
- Flora van Zimbabwe