Buffelwewer
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Bubalornis niger)
Buffelwewer | |
---|---|
Mannetjie in Tanzanië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. niger
|
Binomiale naam | |
Bubalornis niger Smith, 1836
|
Die buffelwewer (Bubalornis niger) is 'n algemene standvoël en plaaslike trekvoël in droë boomveld en savanne. In Engels staan die voël bekend as die Red-billed buffalo weaver.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Die voël word tussen 21 en 24 cm groot en weeg van 64 tot 92 gram. Mannetjies is oorwegend swart en wyfies bruin gekleurd. Albei geslagte het rooi snawels en wit basisse aan die slagvere. Onvolwassenes verskil van die wyfies deur die ligte spikkels en bande oor die keel-, bors- en pensvere.
Gewoontes
[wysig | wysig bron]Hulle broei in groot, slordige stokkiesneste, elk met een tot 10 broeikamers, in 'n groot boom of kragmas. Sommige mannetjies is poliginies en bou verskeie neste om wyfies te lok. Ander mannetjies vorm koalisies en help om die kleintjies groot te maak.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Mannetjie op die grond -
Kop- en vlerkdetails -
Skets van 'n mannetjie
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
- Klein vyf diere
Bron
[wysig | wysig bron]- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BirdLife International (2012). "Bubalornis niger". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)