Gaan na inhoud

Bhisho

Koördinate: 32°50′58″S 27°26′17″O / 32.84944°S 27.43806°O / -32.84944; 27.43806
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bhisho
Gedenkteken vir die Bhisho-slagting
Gedenkteken vir die Bhisho-slagting
Bhisho is in Oos-Kaap
Bhisho
Bhisho
 Bhisho se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°50′58″S 27°26′17″O / 32.84944°S 27.43806°O / -32.84944; 27.43806
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
MunisipaliteitBuffalo City
Oppervlak
 • Totaal8,08 km2 (3,12 vk. myl)
Hoogte
435 m (1 427 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal11 192
 • Digtheid1 385/km2 (3 590/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense0.2%
 • Indiërs/Asiërs0.2%
 • Bruin mense1.0%
 • Swart mense98.4%
 • Ander0.2%
Taal (2011)
 • Xhosa 91.9%
 • Engels 4.0%
 • Ander 4.1%
Poskode (strate)
6506
Poskode (posbusse)
6506
Skakelkode040

Bhisho (Xhosa: "buffel", voorheen Bisho<) is 'n dorp in Suid-Afrika en die hoofstad van die Oos-Kaap. Bhisho lê aangrensend aan die stad Qonce (voorheen King William's Town), naby die groot hawestad Oos-Londen, en val in die Buffalo City Metro. Die provinsiale wetgewer en byna alle staatsdepartemente se provinsiale hoofkantore is in die dorp gevestig. Die plaaslike Bhisho-lughawe bedien die dorp en King William’s Town. Bhisho is aan die N2-nasionale pad geleë.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Onder sy vorige naam van Bisho,ref>Old Place Names. Departement van Kuns en Kultuur, Suid-Afrika. URL besoek op 22 Februarie 2016.</ref>) was dit die hoofstad van die voormalige tuisland Ciskei vanaf 1981 tot 1994. Die Ciskei het onafhanklikheid verkry op 4 Desember 1981, hoewel dit nooit buite Suid-Afrika erken was nie, en is op 12 Augustus 1994 weer by Suid-Afrika ingelyf. Gedurende sy tyd as 'n tuislandhoofstad, het Bisho 'n susterstad ooreenkoms onderteken met die vestiging van Ariel in die Israelies-besette Wesbank.[2]

Bisho-slagting

[wysig | wysig bron]

Op 7 September 1992 was hierdie klein dorpie die toneel van die Bisho-slagting, toe sowat 90 000 betogers opgeruk het na die Bisho-stadion. Hulle was ter ondersteuning van die aftakeling van die Ciskei, wat nog steeds 'n mate van onafhanklikheid probeer handhaaf het, asook die verwydering van die Ciskeise leier, brigadier Oupa Gqozo, uit sy pos. Die Ciskei-weermag het op die heuwels rondom die stadion op die skare losgebrand en 28 mense doodgeskiet en nóg 100 gewond. Die bloedbad het op 'n kritieke tyd plaasgevind, toe onderhandelings om 'n nuwe demokrasie in Suid-Afrika reeds ver gevorderd was.

Ná dié slagting is samesprekings tussen die African National Congress, die Nasionale Party-regering en ander partye oor ’n nuwe staatkundige bedeling vir Suid-Afrika, wat ná die Boipatong-slagting in Junie van dieselfde jaar opgeskort is, met hernude ywer hervat.[3]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Bhisho". Sensus 2011.
  2. (en) Sasha Polakow-Suransky, The Unspoken Alliance: Israel's Secret Relationship with Apartheid South Africa, (New York: Pantheon Books), 2010, bl. 157.
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Boukuns