Gaan na inhoud

Bevuisting

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Bevuisting is 'n seksuele aktiwiteit waar 'n hand of vuis in die vagina of anus gesteek word. Gewoonlik behels bevuisting nie die forsering van 'n gebalde vuis in die vagina of anus nie. Al vyf vingers word eerder reguit, en so na as moontlik aan mekaar, gehou (in die vorm van 'n snawel), en dan stadig in 'n goed gelubrikeerde vagina of anus gesteek (Herrman 1991:47). Wanneer die hand binne is, word die vingers in 'n vuis gevou of reguit gehou. In kragdadiger vorme van bevuisting word 'n gebalde vuis ingesteek en stadig onttrek. Meer ervare bevuistes mag twee vuiste (dubbelbevuisting) in die vagina of anus ontvang. In die geval van dubbelbevuisting word plesier ervaar uit die rek van die anus of vaginale wand, eerder as van die in-en-uit beweging van die hande (Herrman 1991:58).

Gevaar

[wysig | wysig bron]

Die proses van bevuisting kan die vagina of anus beskadig. Normaalweg sal dit seer en pynlik wees, maar kan ook tot langdurige en ongemaklike infeksies lei. Daar is selfs gevalle beskryf waar bevuisting die dood tot gevolg gehad het.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  • Herrman, Bert (1991). Trust/The Hand Book. San Francisco: Alamo Square Press. 0-9624751-5-7.