Barry Buzan
Barry Buzan | |
Geboortenaam | Barry Gordon Buzan |
---|---|
Gebore | 28 April 1946 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Vakgebied | Politiese wetenskap internasionale betrekkinge |
Instelling(s) | London School of Economics Universiteit van Kopenhagen |
Alma mater | London School of Economics |
Barry Buzan (* 28 April 1946) is 'n afgetrede professor in internasionale verhoudinge aan die London School of Economics en 'n ere professor aan die Universiteit van Kopenhagen. Hy publiseer in die veld van internasionale politiek.
Belangstellings en biografie
[wysig | wysig bron]Hy defineer sy belangstellings as:
- die konsepsuele- en streeksaspekte van internasionale sekuriteit;
- internasionale geskiedenis en die evolusie van die internasionale stelsel sedert die voorgeskedenis;
- internasionale verhoudings teorie, veral strukturele realisme; en
- internasionale gemeenskap en die Engelse skool se benadering tot internasionale politiek.
Barry Buzan voltooi sy eerste graad aan die Universiteit van Britse Columbia (1968), en sy doktersgraad aan die London School of Economics (1973).
Hy was van 1988 tot 2002 Projek Direkteur aan die Copenhagen Peace Research Institute (COPRI). Van 1995 tot 2002 was hy navorsing professor in internasionale studies aan die Universiteit van Westminster, en voor dit professor in internasionale studies aan die Universiteit van Warwick. Gedurende 1993 was hy besoekende professor aan die Internasionale Universiteit van Japan, en in 1997-8 was hy die Olof Palme besoekende professor in Swede.
Die breinkaart ontwikkelaar Tony Buzan is sy broer.
Werke
[wysig | wysig bron]- Seabed Politics (1976)
- Change and the Study of International Relations: The Evaded Dimension (1981) redakteur met R. J. Barry Jones
- People, States & Fear: The National Security Problem in International Relations (1983; hersiende tweede uitgawe 1991)
- An Introduction to Strategic Studies: Military Technology and International Relations (1987)
- The International Politics of Deterrence (1987) redakteur
- Anticipating the Future: Twenty Millennia of Human Progress (1988) met Gerald Segal
- European Security Order Recast: Scenarios for the Post-Cold War Era (1990)
- The Logic of Anarchy: Neorealism to Structural Realism (1993) met Charles Jones en Richard Little
- Security: A New Framework for Analysis (1997) met Ole Waever en Jaap De Wilde
- The Arms Dynamic in World Politics (1998) met Eric Herring
- International Systems in World History: Remaking the Study of International Relations (2000) met Richard Little
- Regions and Powers: The Structure of International Security (2003) met Ole Waever
- Does China Matter?: A Reassessment (2004) redakteur met Rosemary Foot
- From International to World Society: English School Theory and the Social Structure of Globalization (2004)
- The United States and the Great Powers: World Politics In The Twenty-First Century (2004)
- The Evolution of International Security Studies (2009) met Lene Hansen.
- Non-Western International Relations Theory: Perspectives on and beyond Asia (2010) redakteur met Amitav Acharya.
- An Introduction to the English School of International Relations: The Societal Approach (2014).
- The Global Transformation: History, Modernity and the Making of International Relations (2015) met George Lawson
- The Making of Global International Relations: Origins and Evolution of IR at its Centenary (2019) met Amitav Acharya
Boek met Tony Buzan
- The Mind Map Book (2000)