Arkona (Russiese musiekgroep)
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Arkona • Аркона | |
---|---|
Arkona tydens die Wacken Open Air-musiekfees 2018 in Wacken, Sleeswyk-Holstein, Duitsland | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Moskou, Russiese Federasie |
Genres | Folk metal, pagan metal |
Jare aktief | 2002 - hede |
Etikette | Sound Age, Napalm |
Webwerf | http://www.arkona-russia.com |
Lede | Maria «Masja» Archipowa Sergei Lazar Roeslan «Knjas» Andrei Isjtsjenko Wladimir «Volk» Wladimir Tsjerepofski |
Arkona (Russies: Аркона) is 'n Russiese folk metal- en pagan metal-groep wat in 2002 in Moskou gestig is.[1] Die groep se naam is 'n verwysing na 'n Slawiese heiligdom op die Duitse eiland Rügen, die sogenaamde Jaromarsburg, geleë by Kaap Arkona.
Musiekstyl
[wysig | wysig bron]Met hul liedtekste, waarmee geen politieke boodskap oorgedra word nie, fokus Arkona grotendeels op Slawiese geskiedenis. Vir hul komposisies, waarin - naas hoofsangeres Masja Archipowa se veelsydige sangkuns - fluitklanke oorheers, vind die groepslede inspirasie in tradisionele Russiese musiek. Op Arkona se vroeë ateljee-albums is vir Russiese melodieë dikwels klawerborde gebruik. Eers later het die groep begin om tradisionele instrumente te speel.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In 2002 het twee lede van 'n Russiese heidense gemeenskap, Vjatichi, Masja Archipowa en Alexander Koroljof, besluit om 'n musiekgroep te stig wat hul filosofie, geloofsoortuigings en musikale smaak sou weerspieël. Aanvanklik het die groep - met Masja Archipowa (stem), Jefgeni Kniazef (kitaar), Jefgeni Borzof (baskitaar), Ilja Bogatirjof (kitaar), Alexander Koroljof (slagwerk) en Olga Loginowa (klawerbord) as stigtingslede - as Hyperborea bekend gestaan.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Media