Ammoniumchloried
Algemeen | |
---|---|
Naam | Ammoniumchloried |
Ander name | Sal ammoniacum, Salmiak |
Chemiese formule | NH4Cl |
Molêre massa | 53,49 [g/mol] |
CAS-nommer | 12125-02-9[1] |
Voorkoms | Wit vastestof |
Fasegedrag | |
Strukturbericht | B2 |
Fase | T>456 K |
Strukturbericht | B1 |
Smeltpunt | ontbind 338 °C[1] |
Kookpunt | 520 °C[1] |
Digtheid | 1,53 (rel water=1)[1] |
Oplosbaarheid | water: 297 g/L (@0 °C) – 758 g/L (@100 °C), opl. in methanol, vl. ammoniak[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 1300 mg/kg (oraal in muise)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Ammoniumchloried is die ammoniumsout van soutsuur. Dit het die formule NH4Cl.
Die stof kan 'n rook van vastestofdeeltjies vorm indien soutsuurgas en ammoniak in die gasfase gemeng word
Kristalstrukture
[wysig | wysig bron]Ammoniumchloried het 'n kubiese kristalstruktuur met 'n sesiumchloried (CsCl)-tipe struktuur. In hierdie struktuur beset 'n ammoniumkatioon NH4 die posisie van die sesiumioon in 'n kubus van chloriedione. Die ammoniumioon is egter nie sferies nie maar tetraëdries. Bo 242K is daar wanorde in die oriëntasie van die ioon. Die waterstofatome wys na vier van die 8 chloorione en dit kan op twee maniere gedoen word. Bo 242K is die ione wikkelkeurig verdeel oor die twee oriëntasies. By 242K vind 'n λ-oorgang plaas waarby die ammoniumione meer georden word. Die temperatuur van die λ-oorgang is redelik afhanklik van die druk. Onder 'n druk van 10 kbar het die λ-oorgang na 'n temperatuur van 308K verskuif.[2]
By hoë temperature (456 K) tree 'n ander fase-oorgang op. Dit is 'n eersteordeoorgang van die CsCl-tipe na die NaCl-tipe, met 'n ammoniumkatioon in 'n oktaëder van chloriedione.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "Science Lab MSDS" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2018. Besoek op 6 April 2016.
- ↑ Molecular Dynamics of the Phase Transition in Compresible Ammonium Chloride Sadhana Pandey. S.K. Trikha Aust. J. Phys. 1984, 37, 667-74