Gaan na inhoud

Aktiewe luister

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Aktiewe luister is 'n tegniek wat gebruik word in berading, opleiding, en die oplos van geskille of konflikte. Dit vereis dat die luisteraar ten volle konsentreer, verstaan, reageer en dan onthou wat gesê word.[1] Dit is in teenstelling met ander luistertegnieke soos reflektiewe luister en empatiese luister. Reflektiewe luister is waar die luisteraar die boodskap terug herhaal na die spreker wat om die begrip te bevestig. Empatiese luister is om aan mense 'n uitlaatklep vir hul emosies te gee en hulle die geleentheid te gee om hul ervarings te deel en om hul perspektief te bring omtrent 'n moeilike situasie.[2] Luistervaardighede kan vloei, eerder as geslotenheid stimuleer, omdat negatiewe emosies spanning, angs en frustrasie insluit.

Begrip

[wysig | wysig bron]

Begrip is 'n gedeelde betekenis tussen die partye wat kommunikeer. Dit is die eerste stap in die luisterproses. Die tweede stap is om in staat te wees om te praat in segmente en breke te neem tussenin.

Behoud

[wysig | wysig bron]

Die behoud is die tweede stap in die proses. Geheue is noodsaaklik vir die luisterproses, omdat die inligting wat gestoor word tydens die proses, weer herroep word en help om die regte keuse van woorde uit te oefen vir beide partye. Omdat almal verskillende geheues het, sal die spreker en die luisteraar beide verskillende betekenisse koppel aan die stelling. Herinneringe is feilbaar en om baie inligting te probeer onthou, mag verlore gaan.

Reaksie

[wysig | wysig bron]

Luister is 'n interaksie tussen die spreker en die luisteraar. Dit voeg aksie by 'n proses wat normaalweg passief is.

Taktiek

[wysig | wysig bron]

Aktiewe luister behels dat die luisteraar die spreker se gedrag en lyftaal moet waarneem. Met die vermoë om 'n persoon se liggaamstaal te kan interpreteer, kry die luisteraar nou 'n meer akkurate begrip van die spreker se boodskap. Nadat die luisteraar die boodskap gehoor het, kan hy/sy dit parafraseer. Dit is belangrik om te weet dat die luisteraar nie noodwendig saamstem met die spreker nie, maar slegs meld wat hy/sy gesê het.

Individue in konflik weerspreek mekaar dikwels. Verwarring kan plaasvind wanneer een luisteraar na die ander persoon se argument luister om swak punte uit te lig en sterk punte of moontlikhede ignoreer. Dit kan 'n verdraaiing van die spreker se argument wees om moontlik 'n mededingende voordeel te kry. Aan die ander kant, as mens vind dat die ander party verstaan, is daar 'n atmosfeer van samewerking wat geskep word.

In die boek Leader Effectiveness Training, het Thomas Gordon aktiewe luister as volg verduidelik: "Aktiewe luister is beslis nie kompleks nie. Luisteraars moet net herhaal, in hul eie taal, hul indruk van die uitdrukking van die sender.... maar om aktiewe luister goed te kan doen is 'n moeilike taak ..."

Gebruik

[wysig | wysig bron]

Aktiewe luister word gebruik in 'n wye verskeidenheid van situasies, insluitend openbare belang gesprekke, gemeenskapsorganisasies, onderrig, mediese werkers wat met hul pasiënte praat, MIV-berading, om in gesprek te tree met iemand wat selfmoord wil pleeg, berading en joernalistiek. In groepe kan dit help in die bereiking van konsensus. Dit kan ook gebruik word in informele gesprekke om begrip te vorm.

'n Luisteraar kan gebruik maak van verskeie grade van aktiewe luister, elk word toegepas vir 'n spesifieke uitkoms in 'n gesprek.

Die korrekte gebruik van aktiewe luister is om mense gemaklik te laat voel om emosioneel oop te maak, om misverstande te vermy, om konflik op te los en om vertroue te bou.[3] In 'n mediese konteks, kan dit voordelig wees vir die pasiënt se ervaring en om 'n beter uitkoms te bereik.

Aktiewe luister kan opgehef word deur die aktiewe luister waarneming skaal.[4]

Hindernisse tot aktiewe luister

[wysig | wysig bron]

Sommige hindernisse kan wees as gevolg van hongerte of moegheid van die luisteraar, wat kan maak dat hulle geïrriteerd is en minder geneig is om te luister na die spreker. Die taal wat die spreker praat kan ook 'n invloed hê op die ontvangs van die boodskap as die klanke in 'n hoë toon is en as die woorde bombasties en dubbelsinning oorkom. Woordkeuse, woordeskat en 'n beperkte aandagspan, kan ook maak dat 'n luisteraar dit moeilik vind om aktief te luister.

Verskuiwing van reaksie

[wysig | wysig bron]

Om reaksie te verskuif is 'n algemene neiging van 'n spreker in 'n gesprek om die aandag te hervestig op die luisteraar. Dit is 'n tipe van gespreks narcisme—die neiging van die luisteraars om die onderwerp te draai na hulself sonder om volgehoue belangstelling in ander te toon. 'n Ondersteuningsreaksie is die teenoorgestelde van 'n verskuiwingsreaksie; die aandag word intensioneel op die spreker gefokus. In plaas daarvan dat dit selfgeoriënteerd is, is die gesprek dan groeps-georiënteerd.[5] Dit is die reaksie wat 'n bekwame kommunikeerder in meeste gevalle geneig is om te gebruik.

Die begrip van nie-verbale aanwysings

[wysig | wysig bron]

Oneffektiewe luisteraars is onbewus van nie-verbale leidrade, tot 'n sekere mate is dit 'n perseptuele versperring. Tot 93% van mense se houdings word gevorm deur nie-verbale aanwysings, dit kan die luisteraar help om reg op te tree en om sekere onderwerpe te vermy. Oormatige gebruik van nie-verbale kommunikasie kan ook lei tot verwarring en dat die luisteraar onder 'n wanindruk geplaas word.[6]

Hoe om oor luisterhindernisse te kom

[wysig | wysig bron]

Die aktiewe luistertegniek word gebruik om persoonlike kommunikasie in organisasies te verbeter. Luisteraars skuif hul eie emosies en vrae eenkant en parafraseer wat die spreker sê om 'n duidelike begrip te vorm van wat die spreker se voorneme is om te sê. Om te vroeg 'n oordeel uit te spreek is die gevolg van 'n persoonlike opinie[7] en dit verhoed die luisteraar om ten volle te kan luister. Oogkontak en toepaslike liggaamstaal is belangrike komponente tydens aktiewe luister.

Aktiewe luister in musiek

[wysig | wysig bron]

Aktiewe luister is ontwikkel as 'n konsep in musiek en tegnologie deur François Pachet, navorser by Sony Rekenaar Wetenskap Laboratorium, Parys. Aktiewe luister in musiek verwys na die idee dat die luisteraars 'n mate van beheer oor die musiek gegee word waarna hulle luister, deur middel van tegnologiese toepassings wat gebaseer is op kunsmatige intelligensie en inligting teorie tegnieke.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Carl Rogers en Richard Farson het die term "aktiewe luister" in 1957 in 'n koerant vasgevang met dieselfde titel herdruk in 1987 in die volume Kommunikasie in Besigheid Vandag). Hulle skryf:

"Aktiewe luister is 'n belangrike manier om veranderinge mee te bring in mense. Ten spyte van die populêre idee dat die soort luister is 'n passiewe benadering, het kliniese en -navorsingsbewyse getoon dat sensitiewe luister die mees effektiewe manier is om veranderinge in 'n individu asook in groepe mee te bring. Luister bring veranderinge in mense se houdings mee asook teenoor ander; dit bring ook veranderinge in hul basiese waardes en persoonlike filosofie mee. Mense na wie daar geluister word op hierdie spesifieke manier, raak meer emosioneel volwasse, maak hulself oop vir nuwe ervaringe, is minder verdedigend en meer demokraties."

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Active Listening Presentation". {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  2. "Empathic First Aid listening skills". Empathic listening skills (in Engels). Berkeley University of California: College of Resources. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2014. Besoek op 14 Desember 2018.
  3. "Active Listening". Inspiration. White Dove Books. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2012. Besoek op 19 April 2012.
  4. "Active listening in medical consultations: development of the Active Listening Observation Scale (ALOS-global)". Patient Educ Couns. 68 (3): 258–64. 2007. doi:10.1016/j.pec.2007.06.011.
  5. Vangelisti, A. (1990). "Conversational narcissism". {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  6. Communication Skills, Nageshwar Rao, Rajendra P. Das, Himalaya publishing House, 2012, ISBN 9789350516669, p. 64
  7. Lama, Dalai. "Top 3 Barriers to Effective Listening" (in Engels). People Communicating. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2019. Besoek op 19 April 2012.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]