Aden Adde Internasionale Lughawe
Aden Adde Internas. Lughawe Garoonka Caalamiga Ee Aadan Cadde | |||
---|---|---|---|
IATA: MGQ – ICAO: HCMM | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Bedien | Mogadishu, Somalië | ||
Spil vir | Jubba Airways Daallo Airlines Halla Airlines | ||
Hoogte bo seevlak | 28 vt / 9 m | ||
Koördinate | 02°00′49″N 045°18′17″E / 2.01361°N 45.30472°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
05/23 | 10 895[1] | 3 590 | Asfalt |
Bron: WAD[2] |
Aden Adde Internasionale Lughawe (Somalies: Garoonka Caalamiga Ee Aadan Cadde, Arabies: مطار آدم عدي الدولي) (IATA: MGQ, ICAO: HCMM) voorheen bekend as Mogadisjoe Internasionale Lughawe, is ' n internasionale lughawe wat Mogadisjoe, die hoofstad van Somalië bedien. Dit is vernoem na Aden Abdullah Osman Daar, die eerste president van Somalië.
Nadat dit oorspronklik 'n beskeie-grootte lughawe was, het die fasiliteit aansienlik gegroei in die post-onafhanklikheid tydperk na talle opeenvolgende opknappingsprojekte. Met die uitbreek van die burgeroorlog in 1991 het Aden Adde Internasionaal se vlugdienste roetine-onderbrekings ervaar. Met die veiligheidsituasie in Mogadisjoe wat egter in die laat 2010–2011-tydperk aansienlik verbeter het, is grootskaalse rehabilitasie van die terrein se infrastruktuur en dienste hervat. Teen vroeg-2013 het die lughawe die meeste van sy fasiliteite herstel en verskeie nuwe kenmerke ingestel.
Opknappings
[wysig | wysig bron]Aan die einde van 2010 is SKA Air and Logistics, 'n Doebai-gebaseerde lugvaartfirma wat in konfliksones spesialiseer, deur die Federale Oorgangsregering gekontrakteer om bedrywighede oor 'n tydperk van tien jaar by die heropende Aden Adde Internasionale Lughawe te bestuur. Die maatskappy is die taak opgelê om sekuriteitskeuring, passasiersekuriteit en terminaalbestuur te onderneem.[3][4] Die Ministerie van Vervoer het die vennootskap amptelik in Mei 2011 aangekondig, met die binnelandsgeregistreerde firma SKA-Somalia wat in Julie 2011 met bedrywighede begin het.[5]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Aden Adde International Airport (MGQ)". World Airport Codes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2013. Besoek op 21 Oktober 2013.
- ↑ "HONIARA INTL". World Aero Data. WorldAeroData.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2006. Besoek op 2 Maart 2020.
- ↑ "SKA will run airport operations in Mogadishu - World Travel News". 19 Januarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2012. Besoek op 10 September 2017.
- ↑ "KEYDMEDIA - News - US Company SKA takes control of Mogadishu seaport". www.keydmedia.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2017. Besoek op 10 September 2017.
- ↑ "Somalia: SKA Effectively Manages Aden-Adde International Airport". Shabelle Media Network. 10 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2014. Besoek op 9 Januarie 2013.