2019-Rugbykampioenskapreeks
Kenteken van die Rugbykampioenskap | |
Datums | 20 Julie - 10 Augustus |
---|---|
Kampioen | Suid-Afrika (4 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 30 (5 per wedstryd) |
Bywoning | 236 449 (39 408 per wedstryd) |
Meeste punte | Handré Pollard (42) |
Meeste drieë | Reece Hodge Herschel Jantjies (3 elk) |
← 2018 2020 ⊟ | |
Die 2019-Rugbykampioenskapsreeks was die agtste jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.
Die toernooi het op 20 Julie afgeskop met Suid-Afrika teen Australië en Argentinië as gasheer vir Nieu-Seeland, en geëindig op 10 Augustus; vroeër en korter as in 2018, omrede die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Suid-Afrika het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nieu-Seeland het die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Suid-Afrika met die Mandela Uitdaagplaat en Australië met die Poematrofee weggestap het.
Formaat
[wysig | wysig bron]Die formaat vir die 2019-toernooi was soortgelyk aan dié van 2015 verkort weens die Rugbywêreldbeker wat later die jaar in Japan plaasgevind het. Elke span het ’n totaal van drie wedstryde gespeel, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart
[wysig | wysig bron]Nasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | ||||
1 | Suid-Afrika | 3 | 2 | 1 | 0 | 97 | 46 | 51 | 2 | 12 |
2 | Australië | 3 | 2 | 0 | 1 | 80 | 71 | 9 | 0 | 8 |
3 | Nieu-Seeland | 3 | 1 | 1 | 1 | 62 | 79 | –17 | 0 | 6 |
4 | Argentinië | 3 | 0 | 0 | 3 | 39 | 82 | –43 | 2 | 2 |
Wedstryddatums
[wysig | wysig bron]Datum | |
---|---|
Week 1 | 20 Julie |
Week 2 | 27 Julie |
Week 3 | 10 Augustus |
Week 1
[wysig | wysig bron]20 Julie 2019 | Suid-Afrika | 35–17 | Australië | Ellispark-stadion, Johannesburg, Suid-Afrika | |
17:05 (SAST) | Drieë: Herschel Jantjies (2), Lood de Jager, S'busiso Nkosi, Cobus Reinach Doelskoppe: Elton Jantjies (5) Kaart: André Esterhuizen 20' tot 30' |
Verslag | Drieë: Dane Haylett-Petty, Bernard Foley Doelskoppe: Bernard Foley (2) Strafdoel: Bernard Foley Kaart: Taniela Tupou 53' tot 63' |
Bywoning: 51 206 Skeidsregter: Paul Williams (NZL) Speler van die wedstryd: Herschel Jantjies (RSA) | |
|
20 Julie 2019 | Argentinië | 16–20 | Nieu-Seeland | José Amalfitani-stadion, Buenos Aires, Argentinië | |
15:05 (AST) | Drie: Emiliano Boffelli Doelskop: Nicolás Sánchez Strafdoele: Nicolás Sánchez (2), Emiliano Boffelli |
Verslag | Drieë: Ngani Laumape, Brodie Retallick Doelskoppe: Beauden Barrett (2) Strafdoele: Beauden Barrett (2) |
Bywoning: 35 000 Skeidsregter: Angus Gardner (AUS) Speler van die wedstryd: Brodie Retallick (NZL) | |
|
Week 2
[wysig | wysig bron]27 Julie 2019 | Nieu-Seeland | 16–16 | Suid-Afrika | Westpacstadion, Wellington, Nieu-Seeland | |
19:35 (SAST) | Drie: Jack Goodhue Doelskop: Beauden Barrett Strafdoele: Beauden Barrett, Richie Mo’unga (2) |
Verslag | Drie: Herschel Jantjies Doelskop: Handré Pollard Strafdoele: Handré Pollard (3) |
Bywoning: 35 213 Skeidsregter: Nic Berry (AUS) Speler van die wedstryd: Cheslin Kolbe (RSA) | |
|
27 Julie 2019 | Australië | 16–10 | Argentinië | Langpark, Brisbane, Australië | |
20:00 (AEST) (UTC 10) | Drie: Reece Hodge Doelskop: Christian Lealiifano Strafdoele: Christian Lealiifano (3) |
Verslag | Drie: Facundo Isa Doelskop: Joaquín Díaz Bonilla Strafdoel: Nicolás Sánchez |
Bywoning: 31 599 Skeidsregter: Ben O’Keeffe (NZL) Speler van die wedstryd: Marika Koroibete (AUS) | |
|
Week 3
[wysig | wysig bron]10 Augustus 2019 | Australië | 47–26 | Nieu-Seeland | Optusstadion, Perth, Australië | |
18:00 (AEST) | Drieë: Reece Hodge (2), Lukhan Salakaia-Loto, Nic White, Marika Koroibete, Kurtley Beale Doelskoppe: Christian Lealiifano (2), Matt To’omua (2) Strafdoele: Christian Lealiifano (3) |
Verslag | Drieë: Anton Lienert-Brown, Rieko Ioane, Beauden Barrett, Ngani Laumape Doelskoppe: Richie Mo’unga (3) Kaart: Scott Barrett 39' |
Bywoning: 61 241 Skeidsregter: Jérôme Garcès (FRA) Speler van die wedstryd: Nic White (AUS) | |
|
10 Augustus 2019 | Argentinië | 13–46 | Suid-Afrika | Estadio Padre Ernesto Martearena, Salta, Argentinië | |
16:40 (AST) | Drie: Santiago Cordero Doelskop: Nicolás Sánchez Strafdoele: Nicolás Sánchez (2) |
Verslag | Drieë: Bongi Mbonambi, Handré Pollard (2), Makazole Mapimpi, Cheslin Kolbe Doelskoppe: Handré Pollard (3) Strafdoele: Handré Pollard (5) Kaart: Faf de Klerk 47' tot 57' |
Bywoning: 22 190 Skeidsregter: Romain Poite (FRA) Speler van die wedstryd: Handré Pollard (RSA) | |
|
Rugbykampioenskapreekskampioen 2019 |
---|
Suid-Afrika |
Statistiek
[wysig | wysig bron]Meeste punte en drieë
[wysig | wysig bron]Meeste punte aangeteken:
|
Meeste drieë gedruk:
|
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Colin Renton. "That was the month that was: July 2019". theoffsideline.com. Besoek op 8 Augustus 2019.
- ↑ (en) "Australia thrash All Blacks 47–26 in Rugby Championship in Perth". BBC. 10 Augustus 2019. Besoek op 16 Augustus 2023.
- ↑ (en) "Wallabies waltz to record win over All Blacks in Bledisloe Cup opener". The Guardian. 10 Augustus 2019. Besoek op 16 Augustus 2023.