2011-Drienasiesreeks
Datums | 23 Julie - 27 Augustus |
---|---|
Kampioen | Australië (3 titels) |
Wedstryde gespeel | 6 |
Drieë gedruk | 26 (4.33 per wedstryd) |
Bywoning | 281 725 (46 954 per wedstryd) |
Meeste punte | Dan Carter (35) |
Meeste drieë | Digby Ioane Ma’a Nonu Cory Jane Zac Guildford John Smit (2 elk) |
← 2010 2012 ⊟ | |
Die 2011-Drienasiesreeks was die sestiende jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland gewees. Die reeks is vanaf 23 Julie tot 27 Augustus 2010 gespeel; korter as in 2010, omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Wallabies en All Blacks genoem. Australië het die toernooi vir die derde keer gewen. Buitendien het hulle die Mandela Uitdaagplaat ingepalm, terwyl Nieu-Seeland met sowel die Bledisloebeker as die Vryheidsbeker weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]
Formaat
[wysig | wysig bron]Die formaat vir die 2011-toernooi het na dié van die vorige jare teruggekeer omdat die Rugbywêreldbeker nog ingepas moes word. Elke span het twee keer tuis gespeel, en twee keer weg, met ’n totaal van vier wedstryde elk, en ses in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart
[wysig | wysig bron]Nasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | ||||
1 | Australië | 4 | 3 | 0 | 1 | 92 | 79 | 13 | 1 | 13 |
2 | Nieu-Seeland | 4 | 2 | 0 | 2 | 95 | 64 | 31 | 2 | 10 |
3 | Suid-Afrika | 4 | 1 | 0 | 3 | 54 | 98 | −44 | 1 | 5 |
Wedstryddatums
[wysig | wysig bron]Datum | Datum | ||
---|---|---|---|
Week 1 | 23 Julie | Week 4 | 13 Augustus |
Week 2 | 30 Julie | Week 5 | 20 Augustus |
Week 3 | 6 Augustus | Week 6 | 27 Augustus |
Week 1
[wysig | wysig bron]23 Julie 2011 | Australië | 39–20 | Suid-Afrika | ANZ-stadion, Sydney, Australië | |
20:00 (AEST) | Drieë: Ben Alexander, Digby Ioane, James O’Connor, Stephen Moore, Adam Ashley-Cooper Doelskoppe: James O’Connor (4) Strafdoele: James O’Connor (2) |
Verslag | Drieë: Chiliboy Ralepelle, John Smit Doelskoppe: Patrick Lambie (2) Strafdoele: Morné Steyn (2) |
Bywoning: 52 788 Skeidsregter: Chris Pollock (NZL) | |
|
Week 2
[wysig | wysig bron]30 Julie 2011 | Nieu-Seeland | 40–7 | Suid-Afrika | Westpacstadion, Wellington, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drieë: Wyatt Crockett, Zac Guildford (2), Cory Jane (2), Colin Slade Doelskoppe: Dan Carter (2) Strafdoele: Dan Carter (2) |
Verslag | Drie: John Smit Doelskop: Morné Steyn |
Bywoning: 30 600 Skeidsregter: Alain Rolland (IRL) | |
|
Week 3
[wysig | wysig bron]6 Augustus 2011 | Nieu-Seeland | 30–14 | Australië | Edenpark, Auckland, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drieë: Ma’a Nonu, Keven Mealamu, Sitiveni Sivivatu Doelskoppe: Dan Carter (3) Strafdoele: Dan Carter (2) Skepdoel: Dan Carter |
Verslag | Drieë: Digby Ioane, Rocky Elsom Doelskoppe: Quade Cooper (2) |
Bywoning: 54 711 Skeidsregter: Craig Joubert (RSA) | |
|
Week 4
[wysig | wysig bron]13 Augustus 2011 | Suid-Afrika | 9–14 | Australië | Kings Park, Durban, Suid-Afrika | |
17:05 (SAST) | Strafdoele: François Steyn, Butch James (2) | Verslag | Drie: Pat McCabe Strafdoele: James O’Connor (3) |
Bywoning: 47 850 Skeidsregter: Bryce Lawrence (NZL) | |
|
Week 5
[wysig | wysig bron]20 Augustus 2011 | Suid-Afrika | 18–5 | Nieu-Seeland | Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth, Suid-Afrika | |
17:05 (SAST) | Strafdoele: Morné Steyn (5) Skepdoel: Morné Steyn |
Verslag | Drie: Richard Kahui | Bywoning: 43 918 Skeidsregter: George Clancy (IRL) | |
|
Week 6
[wysig | wysig bron]27 Augustus 2011 | Australië | 25–20 | Nieu-Seeland | Langpark, Brisbane, Australië | |
20:05 (AEST) | Drieë: Will Genia, Radike Samo, Kurtley Beale Doelskoppe: Quade Cooper (2) Strafdoele: Quade Cooper (2) |
Verslag | Drieë: Conrad Smith, Ma’a Nonu Doelskoppe: Dan Carter (2) Strafdoele: Dan Carter (2) |
Bywoning: 51 858 Skeidsregter: Wayne Barnes (ENG) | |
Drienasiesreekskampioen 2011 |
---|
Australië |
Statistiek
[wysig | wysig bron]Meeste punte en drieë
[wysig | wysig bron]Meeste punte aangeteken:
|
Meeste drieë gedruk:
|
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.
- ↑ (en) "New Zealand 40–7 South Africa". BBC. 30 Julie 2011. Besoek op 14 Augustus 2023.
- ↑ (en) John Griffiths (22 Augustus 2011). "The most experienced Test XV and internationals from Rugby, Eton and Harrow". ESPNscrum. Besoek op 14 Augustus 2023.
- ↑ (en) "SANZAR release the draw for the shortened 2011 Tri Nations tournament". Fox Sports News. 19 Augustus 2010. Besoek op 14 Augustus 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2011-Drienasiesreeks.
- (en) 2011-Drienasiesreeks op ESPNscrum