1905
Voorkoms
1905 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1900 | 1901 | 1902 | 1903 | 1904 | ◄ 1905 ► | 1906 | 1907 | 1908 | 1909 | 1910 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1905 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Volstruibedryf | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1905 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 5de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1 Januarie – Die Transsiberiese Spoorlyn word amptelik geopen na die voltooiing daarvan op 21 Julie 1904.
- 2 Januarie – Russies-Japannese Oorlog: Die Russiese weermag gee oor by Port Arthur in China.
- 26 Januarie – Die Cullinan-diamant word in die Premiermyn naby Pretoria ontdek.
- 1 Maart – Die Australiese Konserwatiewe Party se leier, Richard Butler, word die premier van Suid-Australië.
- 27 Mei – Die Slag van Tsushima begin in die See van Japan.
- 27 Junie – Muitery op die slagskip Potemkin.
- 30 Junie – Albert Einstein publiseer die artikel Oor die elektrodinamika van bewegende liggame en stel daarmee die spesiale relatiwiteitsteorie bekend.
- 1 September – Alberta en Saskatchewan word provinsies binne die Kanadese Konfederasie.
- 5 September − Met die ondertekening van die Verdrag van Portsmouth word die Russies-Japannese Oorlog van 1904−1905 formeel beëindig.
- 27 September – Albert Einstein publiseer 'n artikel oor die verhouding tussen massa en energie, wat aangedui word deur die vergelyking E=mc2.
- 18 November – Prins Karel van Denemarke word Haakon VII, die eerste koning van Noorweë, nadat die persoonlike unie van Swede-Noorweë ontbind is.
- 13 Desember – Die Afrikaanse Taalgenootskap onder leiding van Gustav Preller word in Pretoria gestig.
- Robert Koch ontvang die Nobelprys vir geneeskunde vir sy indentifisering van die tuberkulose-basil (kiem).
- Aspirien word die eerste keer in Brittanje bemark.
- Albert Einstein publiseer in sy wonderjaar verskillende referate wat belangrike vraagstukke oplos. Die foto-elektriese effek, Brownse beweging, spesiale relatiwiteit en massa-energieverband word gepostuleer of toegelig.
- Sir Godfrey Lagden publiseer sy verslag oor "naturellebeleid". Dit veronderstel dat blankes intelligenter as swartes is en stel rasseskeiding en inboorlingreservate voor. Dit dien as regverdiging vir verskeie latere apartheidswette.
- Die United Tobacco Companies open 'n sigaretfabriek in Kaapstad.
- Die volstruisveerbedryf bereik 'n hoogtepunt in die Oudtshoorn-distrik.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 7 Januarie – Coert Steynberg, ’n internasionaal-bekroonde Suid-Afrikaanse beeldhouer en ontwerper († 1982).
- 19 Januarie – Ben Schoeman, 'n Suid-Afrikaanse minister († 1986).
- 2 Februarie – Ayn Rand, Amerikaanse skryfster en filosoof ( † 6 Maart 1982).
- 3 Februarie – Die Suid-Afrikaanse skrywer Herman Charles Bosman, bekend vir sy stories van oom Schalk Lourens van die Groot Marico († 1951).
- 6 Februarie – Władysław Gomułka, Poolse politikus († 1982).
- 26 Februarie – Rex Distin Martienssen, Suid-Afrikaanse argitek († 1942).
- 19 Maart – Albert Speer, Hitler se argitek en minister van bewapening († 1981).
- 26 Maart – Viktor Frankl, Oostenrykse neuroloog († 1997).
- 8 April – Helen Joseph, Suid-Afrikaanse vroueregte-aktivis († 1992).
- 12 April – Emmanuel Mounier, Franse filosoof († 1950)
- 22 April – Abraham Jonker, Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en joernalis († 1966).
- 25 April – Maria Malan, Suid-Afrikaanse premiersvrou († 1973).
- 11 Mei – Ida Gerhardt, klassikus en Nederlandse digteres van die na-simboliese tradisie († 1997).
- 16 Mei – Henry Fonda, Amerikaanse akteur († 1982).
- 20 Mei - Gerrit Achterberg, Nederlandse digter († 1962).
- 31 Mei – Florence Desmond, Amerikaanse aktrise († 1993).
- 21 Junie – Jean-Paul Sartre, Franse filosoof, essayis, roman- en toneelskrywer († 1980).
- 10 Julie – Eric Rosenthal, Suid-Afrikaanse historikus en outeur († 1983).
- 20 Julie – Stephanus du Toit, predikant en hoogleraar van die Gereformeerde Kerk († 1982).
- 29 Julie – Dag Hammarskjöld, Sweedse sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies († 1961).
- 15 Augustus – G.D. Scholtz, Suid-Afrikaanse geskiedkundige, skrywer en koerantredakteur. († 1983).
- 18 September – Greta Garbo, Sweedse aktrise († 15 April 1990).
- 14 Oktober – Eugene Fodor, Amerikaanse skrywer van reisliteratuur († 1991).
- 18 Oktober – Félix Houphouët-Boigny, eerste President van die Ivoorkus († 1993).
- 22 Oktober – Jukskei legende en senator Marthinus Philippus Prinsloo († 1991)
- 23 Oktober – Anna Böeseken, kenner van die geskiedenis van die Nederlandse bewind aan die Kaap die Goeie Hoop en skryfster († 1997).
- 7 Desember – Thomas Ochse Honiball, Suid-Afrikaanse spot- en strokiesprentkunstenaar († 1990).
- 5 Desember – Otto Preminger, Oostenryk gebore, Amerikaanse regisseur († 1986).
- 13 Desember – Hendrik Bernardus Thom, 'n bekroonde Afrikaanse skrywer en historikus († 1983).
- 16 Desember – Piet Hein, Deense wetenskaplike, wiskundige, uitvinder, skrywer en digter († 1996).
- 17 Desember – Simo Häyhä, Finse soldaat en waarskynlik die suksesvolste sluipskutter van alle tye († 2002).
- 24 Desember – Howard Hughes, vlugpionier en filmregisseur († 5 April 1976).
- 31 Desember – Wena Naudé, Afrikaanse aktrise en toneelbaanbreker († 1978).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 18 Februarie – Julius De Geyter, Vlaamse journalis en skrywer (* 1830).
- 24 Maart – Jules Verne, Franse skrywer van wetenskapsfiksie (* 1828).
- 28 Maart – Sir Charles Adderley, Britse staatsman na wie Adderleystraat in Kaapstad vernoem is (* 1814).
- 29 Maart – Sir David Tennant, 'n Kaapse politkus, staatsman en die tweede Speaker van die Kaapkolonie (* 1829).
- 9 April – Lord Chelmsford, die 2de Baron van Chelmsford en 'n Britse soldaat (* 1827).
- 20 Augustus – Heinrich Bulthaupt, Duitse digter en toneelskrywer (* 1849).
- 29 Oktober – Hendrik Witbooi, kaptein (leier) van die Witbooi-Nama in Namibië (* 1830)
- 12 Desember – Reimond Stijns Vlaamse skrywer (* 1850).