Rio Xingu
Rio Xingu | |
---|---|
Sononder oor die Rio Xingu. | |
Die stroomgebied van die Rio Xingu. | |
Oorsprong | Saamvloei van Rio Ronuro en Rio Culuene (Brasilië) |
Monding | naby Porto de Moz in die Amasonerivier, Pará, Brasilië |
Stroomgebied | Brasilië (Pará en Mato Grosso) |
Lengte | 1 640 km (1 019 myl)[1] |
Mondinghoogte | 275 m |
Gemiddelde afloop | 9 680 m³/s[2] |
Stroomgebiedopp. | 520 292 km² |
Die Rio Xingu (Portugees: [ɕĩˈɡu]) is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 640 km, vloei deur die Brasiliaanse deelstate Mato Grosso en Pará.
Die Rio Xingu ontstaan deur die saamvloei van die Rio Ronuro en Rio Culuene in die deelstaat Mato Grosso en vloei aansluitend in sy grootste geheel deur die deelstate Mato Grosso en Pará. Die rivier vloei in noordoostelike rigting parallel tot die Rio Araguaia in die ooste deur die Amasone-bekken van Brasilië. Naby Porto de Moz in die deelstaat Pará mond die Rio Xingu in die Amasonerivier uit. Die rivier is die laaste groot sytak van die Amasonerivier, voordat dit net wes van Belém in die Atlantiese Oseaan uitmond.
Voordat die Duitse dokter, antropoloog en ontdekkingsreisiger Karl von den Steinen in 1884 en 1887 die Rio Xingu verken het, was die rivier wel beken, maar nie sy verloop en die inheemse bevolking aan sy oewers nie.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rio Xingu.
- ↑ (en) Ziesler, R.; Ardizzone, G.D. (1979). "Amazon River System". The Inland waters of Latin America. Food and Agriculture Organization of the United Nations. ISBN 92-5-000780-9. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2013. Besoek op 7 Maart 2015.
- ↑ (pt) Agência Nacional de Águas (ANA) e Secretaria Nacional de Recursos Hídricos (Oorsig)
- ↑ (de) Karl von den Steinen: Durch Central-Brasilien. Expedition zur Erforschung des Schingú im Jahre 1884. Brockhaus, Leipzig 1886.