Leeu-drietal
Leeu-drietal | |
---|---|
Die Leeu-drietal met M65 (regs bo), M66 (regs onder) en NGC 3628 (links). Noord is links. | |
Sterrebeeld | Leeu |
Tipe | Sterrestelselgroep |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 11h 17m[1][2] |
Deklinasie | 13° 25′[1][2] |
Helderste stelsel | M66[1][2] |
Aantal stelsels | 3-5[1][2][3] |
Ander name | |
M66-groep, Arp 317,[4] LGG 231,[1] NOGG P1 533,[2] NOGG P2 543[2] | |
Portaal Sterrekunde |
Die Leeu-drietal of M66-groep (Engels: Leo Triplet) is ’n groep sterrestelsels sowat 35 miljoen ligjare van die Aarde af[5] in die sterrebeeld Leeu. Dit bestaan uit die sterrestelsels Messier 65, Messier 66 en NGC 3628.
Lede
[wysig | wysig bron]Die tabel onder lys sterrestelsels wat altyd as groeplede geïdentifiseer word in die Nearby Galaxies Catalog,[3] die Lyons Groups of Galaxies (LGG) Catalog,[1] en die groeplyste wat geskep is uit die Nearby Optical Galaxy-monster van Giuricin et al.[2]
Lys
[wysig | wysig bron]Naam | Soort[6] | Regte klimming (J2000)[6] |
Deklinasie (J2000)[6] |
Rooiverskuiwing (km/sekonde)[6] |
Skynbare magnitude[6] |
---|---|---|---|---|---|
M65 | SAB(rs)a | 11h 18m 56.0s | 13° 05′ 32″ | 807 ± 3 | 10,3 |
M66 | SAB(s)b | 11h 20m 15.0s | 12° 59′ 30″ | 727 ± 3 | 9,7 |
NGC 3628 | SAb pec | 11h 20m 17.0s | 13° 35′ 23″ | 843 ± 1 | 9,4 |
Sommige van die verwysings wat hier bo genoem is, dui aan een of twee nabygeleë sterrestelsels kan ook lede van die groep wees. NGC 3593 word dikwels, maar nie altyd nie, as ’n lid van die groep geïdentifiseer.
Nabygeleë groepe
[wysig | wysig bron]Die M96-groep lê fisiek naby die Leeu-drietal.[7] Hierdie twee groepe kan in werklikheid twee dele van ’n veel groter groep wees,[7] en sommige algoritmes identifiseer wel die Leeu-drietal as deel van die M96-groep.[2][8]
Galery
[wysig | wysig bron]-
Die Leeu-drietal.
-
’n Amateurfoto van die groep.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 A. Garcia (1993). "General study of group membership. II – Determination of nearby groups". Astronomy and Astrophysics Supplement. 100: 47–90. Bibcode:1993A&AS..100...47G.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 2,7 G. Giuricin; C. Marinoni; L. Ceriani; A. Pisani (2000). "Nearby Optical Galaxies: Selection of the Sample and Identification of Groups". Astrophysical Journal. 543 (1): 178–194. arXiv:astro-ph/0001140. Bibcode:2000ApJ...543..178G. doi:10.1086/317070.
- ↑ 3,0 3,1 R. B. Tully (1988). Nearby Galaxies Catalog. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 0-521-35299-1.
- ↑ H. Arp (1966). "Atlas of Peculiar Galaxies". Astrophysical Journal Supplement. 14: 1–20. Bibcode:1966ApJS...14....1A. doi:10.1086/190147.
- ↑ VST Looks at the Leo Triplet — and Beyond
- ↑ 6,0 6,1 6,2 6,3 6,4 "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for various galaxies (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2001. Besoek op 24 Oktober 2006.
- ↑ 7,0 7,1 L. Ferrarese, H. C. Ford, J. Huchra, R. C. Kennicutt Jr., J. R. Mould, S. Sakai, W. L. Freedman, P. B. Stetson, B. F. Madore, B. K. Gibson, J. A. Graham, S. M. Hughes, G. D. Illingworth, D. D. Kelson, L. Macri, K. Sebo, N. A. Silbermann (2000). "A Database of Cepheid Distance Moduli and Tip of the Red Giant Branch, Globular Cluster Luminosity Function, Planetary Nebula Luminosity Function, and Surface Brightness Fluctuation Data Useful for Distance Determinations". Astrophysical Journal Supplement. 128 (2): 431–459. arXiv:astro-ph/9910501. Bibcode:2000ApJS..128..431F. doi:10.1086/313391.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ P. Fouque, E. Gourgoulhon, P. Chamaraux, G. Paturel; Gourgoulhon; Chamaraux; Paturel (1992). "Groups of galaxies within 80 Mpc. II – The catalogue of groups and group members". Astronomy and Astrophysics Supplement. 93: 211–233. Bibcode:1992A&AS...93..211F.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- SEDS: M66-groep
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Leeu-drietal.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia