Gary Kirsten
Gary Kirsten | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Gary Kirsten in 2010 | ||||||
Volle naam | Gary Kirsten | |||||
Gebore | 23 November 1967 Kaapstad, Suid-Afrika, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Gazza | |||||
Kolfstyl | Regterarm wegbreker | |||||
Boulstyl | Regterarm | |||||
Rol | Aanvangskolwer, afrigter | |||||
Familie | Paul Kirsten (broer) Peter Kirsten (half-broer) | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 257) | 26 Desember 1993 v Australië | |||||
Laaste Toets | 30 Maart 2004 v Nieu-Seeland | |||||
Enigste ODI | 14 Desember 1993 v Australië | |||||
EDI hempno. | 1 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1987–2004 | Western Province cricket team (Suid-Afrika) | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | ||
Wedstryde | 101 | 185 | 221 | 294 | ||
Lopies aangeteken | 7,289 | 6,798 | 16,670 | 9,586 | ||
Kolfgemiddeld | 45.27 | 40.95 | 48.31 | 36.58 | ||
100s/50s | 21/34 | 13/45 | 46/79 | 18/58 | ||
Hoogste telling | 275 | 188 | 275 | 188 | ||
Aflewerings geboul | 349 | 30 | 1,727 | 138 | ||
Paaltjies | 2 | 0 | 20 | 3 | ||
Boulgemiddeld | 71.00 | 43 | 41.80 | 37.33 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | – | – | 1 | – | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | – | – | 0 | – | ||
Beste boulontleding | 1/0 | – | 6/68 | 1/25 | ||
Vangskote/Stonkings | 83/– | 61/1 | 171/– | 97/1 | ||
Bron: Cricinfo, 28 Desember 2009 |
Gary Kirsten (gebore 23 November 1967 in Kaapstad) is 'n uitgetrede Suid-Afrikaanse krieketspeler en voormalige lid van Suid-Afrika se nasionale krieketspan. Hy het tussen 1993 en 2004 in 101 toetswedstryde en 185 EDI vir Suid-Afrika gespeel, meestel as 'n aanvangskolwer. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999 en 2003, asook die Kampioenetrofeë in 1998 en 2000 vir Suid-Afrika gespeel. Later het hy Suid-Afrika tydens die T20I-wêreldbeker 2012 en die Kampioenetrofee 2013 afgerig.
Hy was van 2007−2011 die afrigter van die Indiese nasionale krieketspan wat die Krieketwêreldbeker 2011 gewen het. Daarna was hy die afrigter van Suid-Afrika se nasionale krieketspan vanaf Junie 2011 tot Augustus 2013.[1]
Sy ouer halfbroer, Peter Kirsten, het ook vir die Proteas (onder andere tydens die Krieketwêreldbeker 1992) gespeel.
Internationale Loopbaan
[wysig | wysig bron]Kirsten het in 1993 sy toetsdebuut teen Australië in Melbourne gemaak. Hy het in 2004 uitgetree uit internationale krieket. Hy is die eerste Protea wat in 100 toetse kon gespeel het. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Kirsten has stepped down as south african cricket coach". Wisden India. 10 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 23 November 2018.
- ↑ (en) Firdose Moonda (27 Maart 2013). "Victorious in Dhaka". ESPNcricinfo. Besoek op 7 Desember 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) Gary Kirsten by Cricinfo