28 Maart
Voorkoms
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
28 Maart is die 87ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (88ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 278 dae in hierdie jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 845 – Parys word beleer deur Viking stropers, waarskynlik onder die leiding van Ragnar Lodbrok, wat 'n groot klomp geld verlang voor hulle bereid is om die stad te verlaat.
- 1509 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Parma.
- 1676 – Pous Clemens X verklaar Johannes van Kanti salig.
- 1776 – Juan Bautista de Anza vind die aangewese plek vir die Presidio of San Francisco.
- 1804 – Die Bocken-oorlog naby Zürich begin toe die boere om Zürich in opstand kom teen verhoogte belastings deur die Stad Zürich.
- 1854 – Krimoorlog: Die Verenigde Koninkryk en Frankryk verklaar oorlog teen Rusland.
- 1910 – Henri Fabre word die eerste persoon wat 'n seevliegtuig loods nadat hy opgestyg het vanaf water naby Martigues, Frankryk.
- 1930 – Konstantinopel en Angora verander hulle name na Istanbul en Ankara.
- 1939 – Spaanse Burgeroorlog: Generalissimo Francisco Franco verower Madrid, en beëindig die oorlog.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Britse Kommando's val Saint-Nazaire aan.
- 1964 – Die eerste roofradio-stasie, Radio Caroline, word gevestig.
- 1979 – In Pennsilvanië faal 'n pomp in die verkoelingstelsel van die kernreaktor by Three Mile Island, wat daartoe lei dat radio-aktiewe water ontsnap en lei tot 'n kernsmelting (Engels: nuclear meltdown).
- 1994 – In Suid-Afrika baklei Inhatha en ANC-ondersteuners in sentraal-Johannesburg wat lei tot 18 sterftes.
- 2002 – Die uitstalling "The Italians: Three Centuries of Italian Art" open in die Nasionale galery van Australië.
- 2016 – Die Oculus Rift 'n kommersiële produk waarmee 'n skynwerklikheid beleef kan word, word vir die publiek vrygestel.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1609 – Koning Frederick III van Denemarke, († 1670).
- 1605 – Johann Amos Comenius, bekend as die vader van moderne onderwys († 1670).
- 1871 – Willem Mengelberg, Nederlandse konsertdirigent († 1951).
- 1887 – Helena Barry-Hofmeyr, Vrystaatse Nasionale L.P.R., († 1954).
- 1902 – Dame Flora Robson, Engelse aktrise († 1984).
- 1906 – Robert Allen, Amerikaanse akteur († 1998).
- 1909 – Nelson Algren, Amerikaanse skrywer († 1981).
- 1913 – Fred le Roux, Afrikaanse joernalis, lektor en redakteur († 1984).
- 1921 – Dirk Bogarde, Britse akteur, († 1999).
- 1923 – Monica Breed, Afrikaanse omroeper, aktrise en skrywer van kleuterprogramme en hoorbeelde († 2021).
- 1924 – Freddie Bartholomew, Amerikaanse akteur († 1992).
- 1928 – Zbigniew Brzeziński, Sekuriteitadviseur van die VSA († 2017).
- 1933 – Cobus Rossouw, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1942 – Daniel Dennett, Amerikaanse filosoof.
- 1943 – Conchata Ferrell, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 1948 – Dianne Wiest, Amerikaanse aktrise.
- 1949 – Paul Bayvel, Springbokrugby speler († 2020).
- 1955 – Reba McEntire, Amerikaanse sanger en aktrise.
- 1970 – Vince Vaughn, Amerikaanse akteur.
- 1975 – Shanna Moakler, Amerikaanse aktrise.
- 1978 – Eusebius McKaiser, Suid-Afrikaanse politieke ontleder, joernalis en uitsaaier († 2023).
- 1981 – Julia Stiles, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1285 – Pous Martinus IV, die 189ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1210).
- 1687 – Constantijn Huygens, digter, komponis, argitek, diplomaat en geleerde van die Nederlandse Goue Eeu (* 1596).
- 1884 – Prins Leopold, Hertog van Albany, seun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk (* 1853).
- 1905 – Sir Charles Adderley, Britse staatsman na wie Adderleystraat in Kaapstad vernoem is (* 1814).
- 1935 – Tielman Roos, advokaat, regter, politikus en Suid-Afrikaanse minister van justisie (* 1879).
- 1941 – Virginia Woolf, Britse skrywer († 1882).
- 1943 – Sergei Rachmaninoff, Russiese komponis (* 1873).
- 1953 – Jim Thorpe, Amerikaanse atleet (* 1887).
- 1969 – Dwight D. Eisenhower, Generaal in die Amerikaanse Weermag en 34ste President van die Verenigde State (* 1890).
- 1996 – Dick Findlay, Suid-Afrikaanse kunstenaar en dramaturg (* 1928).
- 2016 – Jo Onderstall, Suid-Afrikaanse amateur-plantkundige (* 1929).
- 2017 – Ahmed Kathrada, ANC-lid en anti-apartheidsaktivis (* 1929).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 28 Maart. |