Gaan na inhoud

Milton Friedman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Milton Friedman
Milton Friedman in 2004

Gebore (1912-07-31)31 Julie 1912
Brooklyn, New York
Oorlede 16 November 2006 (op 94)
San Francisco, Kalifornië
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vakgebied Ekonomie, statistiek, outeur
Instelling(s) Hoover-instelling (1977–2006)
Columbia Universiteit (1964–65)
Universiteit van Chicago (1946–77)
Columbia Universiteit (1937–41; 1943–45)
Nasionale Buro vir Ekonomiese Ondersoek (1937–40)
Alma mater Columbia Universiteit (PhD 1946)
Universiteit van Chicago (MA 1933)
Rutgers Universiteit (BA 1932)
Bekend vir Prysteorie, Monetarisme, Toegepaste makro-ekonomie, Swewende wisselkoerse, Permanente inkomste-hipotese Militêre opslag, Friedman-toets
Beïnvloed deur Adam Smith, John Stuart Mill, Irving Fisher, Thomas Paine, Frank Knight, Simon Kuznets, Jacob Viner, Harold Hotelling, Arthur F. Burns, Friedrich Hayek, Homer Jones, Henry Calvert Simons, George Stigler, Henry Schultz, Henry George
Invloed op Margaret Thatcher, Gary Becker, Augusto Pinochet, Mart Laar, Alan Greenspan, Anna Schwartz, Ben Bernanke, J. Bradford DeLong, Thomas Sowell, Herbert Stein, Harry Markowitz, Phillip D. Cagan, Hernando de Soto Polar, William F. Buckley, Jr., David D. Friedman, Scott Sumner, Ted Cruz, Ronald Reagan, Ron Paul, Rand Paul; Cato Institute, Chicago Boys, Fraser Institute
Toekennings Nasionale Medalje van Wetenskap (1988)
Presidensiële Medalje van Vryheid (1988)
Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe (1976)
John Bates Clark-medalje (1951)
Handtekening

Milton Friedman (31 Julie 191216 November 2006) was 'n beroemde Amerikaanse ekonoom. Hy het baie in die teorie van monetarisme belanggestel. Volgens monetarisme het die bedrag geld wat deur die regering gedruk word 'n groot effek op 'n land se hele ekonomie. Hy ondersteun die idee dat die regering elke jaar dieselfde lae koers van geld moet druk, eerder as verskillende bedrae elke jaar. In 1976 is die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe "vir sy prestasies op die gebied van verbruiksanalise, monetêre geskiedenis en teorie en vir sy demonstrasie van die kompleksiteit van stabiliseringsbeleid" aan hom toegeken.[1]

Lewensloop

[wysig | wysig bron]

Friedman is in 'n familie van Hongaars-Joodse afkoms in Brooklyn, New York gebore. Hy het in Rahway, New Jersey, grootgeword. Friedman het aan die Rutgers Universiteit, Columbia Universiteit en die Universiteit van Chicago gestudeer. Hy het in Chicago met George Stigler by die Chicago School of Economics gewerk.

Tydens die 1970's het Friedman se ideale van monetarisme gewild geword, waarna hy die ekonomiese raadgewer van president Ronald Reagan geword het.

Volgens Friedman moet die regering se beheer oor die ekonomie beperk word. Hy het met die ideale van die verlaging van belasting en die verlaging van staatsbesteding voorgestaan. Sy politieke sienings was liberaal. Hy het teen diensplig gestaan en was ingenome toe die VSA hulle diensplig wetgewing geskrap het.

Vir 'n paar dekades het Friedman verskeie dokumentêre, boeke en onderhoude die lig laat sien om sy ekonomiese ideale te versprei. Die belangrikste boeke wat deur hom geskryf is, is Capitalism and Freedom en Free to choose.

In 1938 trou Friedman met Rose Director. Hulle het 'n seun en 'n dogter gehad. Hy was 'n agnostikus.

As gevolg van hartversaking is Friedman in San Francisco, Kalifornië, oorlede.[2] Sy oorskot is veras en oor die San Francisco Bay-gebied gestrooi.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The Sveriges Riksbank Prize in Economic Sciences in Memory of Alfred Nobel 1976" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2018. Besoek op 4 Februarie 2018.
  2. Christie, Jim (16 November 2006). "Free market economist Milton Friedman dead at 94" (in Engels). Reuters. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2009. Besoek op 20 Februarie 2008.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]