Messier 36
Voorkoms
Messier 36 | ||||
Bron: 2MASS/Nasa | ||||
Soort stelsel | Oop sterreswerm | |||
Sterrebeeld | Koetsier | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 36m 12s | |||
Deklinasie | 34º 08' 04" | |||
Skynmagnitude | 6,3 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 4 100 ligjare (1 300 parsek) | |||
Skynbare grootte | 12 boogminute | |||
Ander name | M36, NGC 1960 | |||
|
Messier 36 of M36 (ook bekend as NGC 1960) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Koetsier. Dit is voor 1654 deur Giovanni Batista Hodierna ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Dit is sowat 4 100 ligjare van die Aarde af en is sowat 14 ligjare breed.
Die swerm het minstens 60 sterre en stem baie ooreen met die sterreswerm Plejades (M45). As hulle dieselfde afstand van die Aarde af was, sou hul sigbare magnitude (helderheid) ooreengestem het.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- SEDS: Messier 36
- Messier 36 op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Messier 36.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia