Ramenas
Voorkoms
Ramenas | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. longistyla
|
Binomiale naam | |
Aloe longistyla Baker, 1880
|
Die Ramenas (Aloe longistyla) is 'n aalwyn wat endemies is aan die Oos- en Wes-Kaap. Die plant kom voor in die Klein-Karoo van Calitzdorp in die weste tot by Grahamstad en noordwaarts tot by Graaff-Reinet, Cradock en Middelburg.
Die naam longistyla verwys na die lang styl van die plant; dit word 70 tot 75 cm lank. Die aalwyn kamoefleer homself in die natuur en word moeilik gevind behalwe wanneer dit blom. Die aalwyn blom van Julie tot Augustus en die saad is ryp in Oktober tot November.