Venezuela
| |||||
Nasionale leuse: Dios y Federación (Spaans vir: "God en Federasie") | |||||
Volkslied: Gloria al Bravo Pueblo (Spaans vir: "Eer aan die dapper mense") | |||||
Hoofstad | Caracas | ||||
Grootste stad | Caracas | ||||
Amptelike tale | Spaans | ||||
Regering | Federale presidensiële grondwetlike Sosiaal-Bolivariaanse republiek Nicolás Maduro (omstrede) Delcy Rodríguez | ||||
Onafhanklikheid | 5 Julie 1811 13 Januarie 1830 29 Maart 1845 15 Desember 1999 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
916 445 km2 (32ste) 353 841 myl2 3,2 | ||||
Bevolking - 2021-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
31 568 179[1] (44ste) 28 199 867 33,74 / km2 (181ste) 87,4 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2013-skatting | ||||
MOI (2017) | 0,761[3] (78ste) – hoog | ||||
Gini (2006) | 46,9[4] – medium | ||||
Geldeenheid | Bolívar (VEF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
VET (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4½) | ||||
Internet-TLD | .ve | ||||
Skakelkode | 58 |
Venezuela (Spaans: [beneˈswela], ; letterlik: "klein Venesië"), amptelik die Bolivariaanse Republiek Venezuela (Spaans: República Bolivariana de Venezuela, [reˈpuβlikɑ βoliβɑˈɾjɑnɑ ðe βeneˈswelɑ]), is 'n land in die noorde van Suid-Amerika. Dit grens aan die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan aan die noorde, Guyana aan die ooste, Brasilië aan die suide en Colombia aan die weste. Net noord van Venezuela lê die Karibiese lande van Aruba, Bonaire, Curaçao en Trinidad en Tobago.
Deelstate
[wysig | wysig bron]Venezuela word verdeel in 23 deelstate (estados), een federale distrik (distrito capital) en een federale afhanklikheid (dependencias federales), gemerk deur 'n *:
Geografie
[wysig | wysig bron]Venezuela het 'n verskeidenheid van landskappe, soos die noordelike gedeeltes van die Andesgebergte in die noordweste en langs die noordelike Karibiese kus, waar die hoogste punt, die piek Pico Bolivar teen 'n hoogte van 5 007 m is. Noord van Venezuela se vasteland lê Los Roques, 'n reeks koraaleilande. Ook in die Noordweste is die laeveld gebiede rondom die Maracaibomeer en die Golf van Venezuela. Die sentrale deel van die land word gekenmerk deur uitgestrekte vlaktes genoem llanos wat strek van die Colombiaanse grens tot die rivierdelta van die Río Orinoco in die ooste. In die suide is die Hoogland van Guyana, tuiste van die Angel-val, die wêreld se hoogste waterval.
Die klimaat is tropies en oor die algemeen warm en vogtig, alhoewel meer gematig in die hooglande. Die hoofstad Caracas is ook die land se grootste stad. Ander groot stede is onder andere Maracaibo, Barquisimeto, Valencia, Maracay en Ciudad Guayana.
Klimaat en plantegroei
[wysig | wysig bron]Venezuela het 'n tropiese klimaat, met 'n reënseisoen van April tot November en 'n droë seisoen van Desember tot Maart, asook 'n baie bestendige temperatuur. Die reënval en temperatuur toon binne die algemene klimaatbeeld egter aansienlike verskille, wat veral deur die verskille in hoogte veroorsaak word. Daar is ook plantegroeiverskille wat deels aan hoogteverskille toegeskryf kan word.
Die Orinoco-bekken en die laer dele van die hoogland van Guiana het ’n weelderige tropiese plantegroei, wat in die Llanos oorgaan in grasland en in die berge in subtropiese plantegroei, terwyl dit bo 1 500 m geleidelik 'n hooggebergteplantegroei kry.
Die yl bevolkte suidelike dele van Venezuela het 'n veelsoortige dierelewe met onder meer verskillende groot katagtiges, verskillende aapspesies, knaagdiere en reptiele. Die Orinocobekken het weer baie tropiese voëlspesies.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website) (in Engels). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2018. Besoek op 16 September 2019.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Venezuela". Internasionale Monetêre Fonds. April 2019. Besoek op 16 September 2019.
- ↑ "2018 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 16 September 2019.
- ↑ "Gini Index" (in Engels). Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 16 September 2019.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-69-9, volume 28, bl. 57
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Venezuela. |
- (en) Toerisme-inligting oor Venezuela op Wikivoyage
- (es) Gobierno en Línea Geargiveer 25 Junie 2001 op Wayback Machine – Amptelike staatswebwerf
- (es) Presidencia de la República de Venezuela Geargiveer 19 Maart 2009 op Wayback Machine – amptelike presidentswebwerf
- (es) Asamblea Nacional – Amptelike parlementêre webwerf
- (es) Banknote van Venezuela Geargiveer 9 Desember 2006 op Wayback Machine
- (es) Fotos van Venezuela Geargiveer 5 April 2005 op Wayback Machine
- (es) Isla Margarita, Venezuela Geargiveer 9 Februarie 2006 op Wayback Machine