Gaan na inhoud

Knut Hamsun

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie



Knut Hamsun

Skrywer, digter en dramatikus


Literêre stroming
Nuwe Romantiek, Nuwe Realisme


Toekennings

Nobelprys vir Letterkunde in 1920

Knut Hamsun (* 4 Augustus 1859 op die Garmostredet-landgoed in Vågå as Knud Pedersen; † 19 Februarie 1952 op die Nørholm-landgoed in Grimstad) was 'n Noorse skrywer van internasionale statuur. Naas Henrik Ibsen word hy as die beduidendste Noorse skrywer beskou en ook op internasionale vlak onder die invloedrykste outeurs van die 20ste eeu gereken. Daarnaas word hy deur baie as die vader van die moderne roman beskou. Hamsun se literêre werk is in 1920 met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon.[1]

Hamsun se literêre loopbaan strek oor meer as sewe dekades, met variasies in sy onderwerpe, standpunte en agtergrond. Sy werk sluit meer as twintig romans, die digbundel Det vilde Kor, novellas, enkele weinig opgevoerde toneelspele, 'n reisverhaal en 'n aantal essays en opinie-artikels in dagblaaie in.

Hamsun se literêre deurbraak het met die roman Sult in 1890 gekom – 'n werk waarmee hy volgens letterkundiges die 20ste eeuse literatuur ingelui het. Die roman Markens Grøde (1917) is met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon.

Reeds as 'n jong skrywer het hy heersende literêre stromings soos realisme en naturalisme geopponeer en vir 'n skryfkuns gepleit wat aandag aan die onvoorsienbare en irrasionele sou skenk. Sy bekendste werke uit die 1890's – waaronder Sult, Mysterier, Pan en Victoria – word by die Noorse Nuwe Romantiek gereken. In sy latere werk het Hamsun nader aan die Nuwe Realisme beweeg, met 'n ironiese styl wat in sy sogenaamde "Nordlandromans" ook breedvoerige beskrywings van die volkslewe gee.

In ideologiese opsig het Hamsun aanvanklik 'n simpatieke houding teenoor anargistiese gedagtes ingeneem, maar later 'n steeds meer konserwatiewe rigting begin inslaan wat dikwels ook as reaksionêr beskryf word. Hy het daarvan gehou om spottende kommentaar op die modernisering van die samelewing en demokratiese ideale te lewer en vir die terugkeer na 'n patriargale lewenswyse gepleit.

Vanweë sy politieke opvattings was hy gedurende die laaste jare van sy lewe omstrede. Sy lewensgevoel het hom onder meer kwesbaar gemaak vir die Nasionaal-Sosialistiese ideologie se bloed-en-bodem-slagspreuke, en Hamsun het selfs gedurf om die Duitse besetting van Noorweë in 1940 openlik te verwelkom. Ná die Tweede Wêreldoorlog is hy tot die betaling van 'n groot geldboete veroordeel en enkele jare lank onder huisarres geplaas.

Hamsun se latere werke behandel onderwerpe soos die ouderdomsvraagstuk en die inbreuk van die moderne samelewing op tradisionele landelike gemeenskappe.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]

Niefiksie

[wysig | wysig bron]
  • 1889 Lars Oftedal. Udkast (Konsep) (11 artikels, voorheen gedruk in Dagbladet)
  • 1889 Fra det moderne Amerikas Aandsliv (Die Kulturele Lewe van Moderne Amerika) - lesings en kritiek
  • 1903 I Æventyrland. Oplevet og drømt i Kaukasien (In Wonderland) - reisjoernaal/reissketse
  • 1918 Sproget i Fare (Die Taal in Gevaar) - essays

Poësie

[wysig | wysig bron]
  • 1878 Et Gjensyn ('n Reünie) - heldedig (Gepubliseer onder die skuilnaam Knud Pedersen Hamsund)
  • 1904 Det vilde Kor, gedigte

Toneelstukke

[wysig | wysig bron]
  • 1895 Ved Rigets Port (By die Hek van die Koninkryk)
  • 1896 Livets Spil (Die Spel van die Lewe)
  • 1898 Aftenrøde. Slutningspil
  • 1902 Munken Vendt. Brigantine's Saga I
  • 1903 Dronning Tamara (Koningin Tamara)
  • 1910 Livet i Vold (In die Greep van die Lewe)

Kortverhaalbundels

[wysig | wysig bron]
  • 1897 Siesta
  • 1903 Kratskog

Verhale

[wysig | wysig bron]
  • 1877 Den Gaadefulde. En kjærlighedshistorie fra Nordland (Die Grasieuse. 'n liefdesverhaal uit Nordland) (Gepubliseer onder die skuilnaam Knud Pedersen)
  • 1878 Bjørger (Gepubliseer onder die skuilnaam Knud Pedersen Hamsund)

Reekse

[wysig | wysig bron]

Die Wanderer Trilogie

  1. 1906 Under Høststjærnen. En Vandrers Fortælling (Onder die Herfsster)
  2. 1909 En Vandrer spiller med Sordin ('n Reisiger Speel op Gedempte Snare)
  3. 1912 Den sidste Glæde ('n Terugblik op Geluksaligheid, ook bekend as Die Laaste Geluk)

Benoni en Rosa

  1. 1908 Benoni
  2. 1908 Rosa: Af Student Parelius' Papirer

Kinders van die Tye en Die dorp Segelfoss

  1. 1913 Børn av Tiden (Kinders van die Tye)
  2. 1915 Segelfoss By 1 ( 2 Volumes) (Die dorp Segelfoss)

Die Augustus Trilogie

  1. 1927 Landstrykere (Wegreisigers) (2 Volumes)
  2. 1930 August (2 Volumes)
  3. 1933 Men Livet lever (Die Lewe Gaan Voort) (2 Volumes)


Ander romans

[wysig | wysig bron]
  • 1890 Sult (Hongerlye)
  • 1892 Mysterier (Raaisels)
  • 1893 Redaktør Lynge (Redakteur Lynge)
  • 1893 Ny Jord (Vlak Aarde)
  • 1894 Pan (Pan)
  • 1898 Victoria. En kjærlighedshistorie (Victoria)
  • 1904 Sværmere (Mothwise, 1921), (Dromers)
  • 1905 Stridende Liv. Skildringer fra Vesten og Østen ( Die stryd om die Lewe. Uitbeeldings uit die Weste en die Ooste)
  • 1917 Markens Grøde 2 Volumes (In Afrikaans vertaal deur C.G.S. de Villiers as Groeiende Aarde)
  • 1920 Konerne ved 2 Volumes (Die Vroumense Weet)
  • 1923 Siste Kapitel (2 Volumes) (Die Laaste Hoofstuk)
  • 1936 Ringen sluttet (Die Geslote Ring)
  • 1949 Paa gjengrodde Stier (Oorwoekerde Paadjies)

Die Nobelpryswenner Isaac Bashevis Singer het ook sommige van sy werke vertaal.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The Nobel Prize in Literature 1920" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]